Miskien so - Johan Wentzel
miskien
Of miskien so
of
miskien is alles
so miskien
Daar is verlange
wat brand
en verlange
wat skroei
dan's daar verlange
wat diep binne groei
miskien
of miskien so
of
miskien is alles
so miskien
Soms loop ek reguit
soms trap ek skeef
verlore in dinge
wat niemand beleef
Kan jy my sê
hoe jy dit wil hê
miskien
of miskien so
of
miskien is alles
so miskien
Met yskoue wil
doof ek 'n vuur
van vergeefse verlange
teen my alleenlopermuur
Die droogte wat dreig
wil ek liewer verswyg
miskien
of miskien so
of miskien is alles
so miskien
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
1 comment:
Wonderlike, ware, ware woorde.
Dankie Johan Wentzel, en dankie vir die intro :)
Post a Comment