Saturday, April 21, 2007
Lisa se Klavier
Koos kombuis een van my favourites - sy musiek kom al jare saam met my. Soos 'n ou vriend. Mense sien hom nie elke dag nie, maar as julle weer gesels voel dit of julle nooit apart was nie..
Ek het 'n vriendin
Ver by die blou see
Teen die hang van Tafelberg as die son sak
Speel sy die mooiste melodieë
Haar vingers ken die pad
Opgesluit in wit en swart
Die klavier se grootste vreugde, hartseer en verlange
Verstaan die hart se diepste smart
Ja, die hele wêreld word stil
En luister in die donker uur
Na die naggeluide
Van Lisa se Klavier
Lisa kan nie ophou
As sy eers begin het nie
En sy laat my nooit huis toe loop of afskeid neem
Voor my laaste sigaret nie
Ek staan op haar balkon
En drink haar appelkoostee
Kyk uit na Kaapstad in die nag
Die liggies en die swart, swart see
Koortjie
En onder op die sypaadjie
Sien ek die bergie en sy maat
Wat staan en opkyk ver na bo
Vanuit die vullis van Oranjestraat
Hulle ken al lank die klanke
Wat uit haar woonstel stroom
Lank na twaalf, met die deure oop, al moan die bure ookal hoe
Word Lisa elke boemelaar se droom
Koortjie
Woorde en Musiek: Koos Kombuis
© Koos Kombuis Published by Shifty Music / Trapsuutjies Uitgewers
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment