Tuesday, March 13, 2007

De La Rey, De La Rey


De la Rey, de la Rey… almal praat daarvan. Selfs hier in die land van Babel. Daar is nie ‘n CD te koop in die hele SA nie, almal kyk daarna op Youtube, die ver regses speel dit op hulle parties met ‘n traan in die oog, die goewerment vertel ons dis rassisties. Wat is dit? Ek kan nie glo dat ons weer die boere-oorlog wil oor baklei nie, en ek kan nie sien hoe dit betrekking het op ‘n wit/swart situasie nie? Voel ons volk rigtingloos? Leierloos? Het ons die groot oorlog verloor? Persoonlik glo ek nie nie die Afrikaner sal nog vyftig jaar as ‘n volk oorleef nie. Assimilasie is reeds aan die gang, en so baie van ons in ekonomiese ballingskap sal maar ons toekomste in ander lande begin skep. Is dit die rede? Ek weet nie – wat dink julle?

1 comment:

michele said...

Ek weet ook nie - being pretty much very English (as if people haven't figured that out yet!) :) - but I enjoy the Afrikaans language. It is so expressive.
I do have a confession though. I have never listened to this song.